Wet van Archimedes

Voorstelling van Archimedes se wet.
Die voorwerp dryf omdat die opwaartse krag FA gelyk is aan die teenoorgestelde krag Fp.
Vi is die volume van die verplaaste vloeistof.
Archimedes het moontlik sy beginsel van dryfvermoë gebruik om te bepaal of 'n goudkroon minder dig as soliede goud is.

Die wet van Archimedes is 'n wetenskaplike beginsel wat verband hou met die dryfvermoë en verplasing van voorwerpe. Dit verduidelik die opwaartse krag wat 'n voorwerp ondervind as dit in 'n vloeistof of gas geplaas word. Hierdie krag is gelykstaande aan die gewig van die verplaaste volume van die vloeistof of gas.[1] Hierdie opwaartse krag word die archimedeskrag genoem.

Die beginsel is in die 3de eeu v.C. deur Archimedes van Sirakuse ontdek toe hy in die bad gesit het. Hy het opgespring, kaal in die straat afgehardloop en geskreeu "Eureka" (ek het dit gevind)![2] Voorwerpe kon teen daardie tyd akkuraat geweeg word, maar met dié ontdekking kon die volume van 'n voorwerp met die massa daarvan verbind word, om so die digtheid te bepaal.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Acott, Chris (1999). "The diving "Law-ers": A brief resume of their lives". South Pacific Underwater Medicine Society journal. 29 (1). ISSN 0813-1988. OCLC 16986801. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2011. Besoek op 13 Junie 2009..

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search